gewildstegedigte.litnet.co.za » Koos du Plessis

Kinders van die wind
Ek ken ’n ou, ou liedjie

van lewenswel en -wee;

van lank vergane skepe in

die kelders van die see.

Die woorde is vergete

en tog, die deuntjie draal –

soos vaag onthoude grepies uit

’n baie ou verhaal . . .

Van swerwers sonder rigting;

van soekers wat nooit vind . . .

En eindelik was almal maar

kinders van die wind.

Gesigte, drome, name

is deur die wind verwaai;

en waarheen ál die woorde is,

sou net ’n kind wou raai.

Swerwers sonder rigting;

soekers wat nooit vind . . .

En eindelik was almal maar

kinders van die wind.